Dansend Na Die Lewe (Sagteband)

    Dansend Na Die Lewe (Sagteband)

    Kobus Anthonissen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R225.00

    Hierdie unieke boek is bedoel vir:

         • Mense wat op die drumpel van hulle oorgangsjare staan: op pad om doodnoodsaaklike lewenskeuses te maak.

         • Diegene wat vooruit beplan en meer wil weet oor hierdie lewensfase – oor wat voorlê.

         • Die belangstellendes en bekommerdes: familie of vriende wat persone in hierdie fase het/ken en nie seker is hoe om sinvolle raad te gee nie.

         • Persone wie se werk dit is om met hierdie persone te werk: mediese personeel, maatskaplike werkers en beraders.

         • Studente en navorsers binne hierdie studieveld van die menswetenskappe wat meer wil weet oor ouerword se uitdagings en moontlike oplossings.

         Wie hou (regtig) daarvan om oud te word, af te tree en jou lewe af te skaal? Om uit die vinnige lewensbaan te skuif, selfs eenkant gerangeer te word? Ná 50 begin die lewensritme afneem en daar

    is onsekerheid, soms vrees, oor wat voorlê. Deel in 'n nuwe lewe wat jou innerlik laat dans. Op 50 begin die jeug van jou ouderdom!

     

    Oor die Outeur

     

    Kobus Anthonissen was ‘n bekende hospitaalleraar by verskeie hospitale en die Medikliniek. In daardie tyd doseer hy ook deeltyds by Stellenbosch se Teologiese Fakulteit asook die Universiteit van Wes Kaapland en Cornerstone Kollege. Daarna bekwaam hy hom in psigoanalitiese psigoterapie. Hy bedryf sedertdien ’n spreekkamer as psigoanalitiese pastor wat sy teologiese kennis met sielkunde verbind. As hospitaalleeraar destyds was hy deel van die bejaarde kliniek waar hy studente opgelei het in die pastorale versorging van ouerwordendes. Hy hou ook gereeld radiogesprekke oor hierdie onderwerp.