Dans In Die Reen (Sagteband)

    Dans In Die Reen (Sagteband)

    Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R119.95

    101 redes om God se genade en goedheid elke dag met vreugde te vier.

    Geluk is God se spesiale geskenk aan jou. Hy het jou lief en daarom het Hy klein vreugde-oomblikke oral om jou geplant. Jy moet net jou hand uitsteek en dit aangryp.

    In Dans in die reën gee Johan Smith 101 wenke, toegelig met teksverse, wat jou sal help om weer ware geluk in jou lewe te ervaar. Die wenke sluit eenvoudige, alledaagse dinge in, soos kuier om die tafel, doen dinge stadiger, reël alleentyd, en ook groter uitdagings soos leef in dankbaarheid en vergewe jouself.

    Met sy pragtige uitleg en blou teks en kort, kragtige wenke is Dans in die reën die ideale geskenk.

    Oor die Outeur

    Johan Smith is ’n skrywer, prediker en spreker. Hy besoek landswyd skole en kerke om ’n wye spektrum van mense te bedien, soos jeug, ouers, gesinne, mans en vroue. Sy nuutgestigte niewinsgewende maatskappy, VitaAmp (www.vitaamp.org), fokus op bediening aan die jeug, onderwysers, skoolhoofde, predikante, ouers en gewone lidmate. Moreletapark Gemeente is Johan se tuisgemeente.