Dankie Heer (CD)

    Dankie Heer (CD)

    Manie Jackson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95

    n Album propvol sielskos.

    Die album sal jou aanspoor om vir ‘n oomblik uit die dolle gejaag te tree, jou lewe in oënskou te neem en opnuut ‘n oorvloedige dank te ervaar vir die seëninge uit Sy hand.

    Dié album gebruik ‘n hemelse vermenging van simfonie- en klassieke stemklanke en harmonieë, tot by kontemporêre-, pop- en selfs countrygeure, om jou terug te lei na die baie eenvoudige, tog baie treffende, boodskap van lewe, liefde, genade en hoop.

    Nuutskeppings soos die titelsnit, “Leef vir Hom”, “Here U is my lighuis”, “Fire within me”, “Welkom in my huis”, “Deur Sy oë” en “Gebed vir ‘n kind” sing oor die oorvloedigheid van God se liefde vir elke mens en hoe Sy lig en Sy vuur selfs die donkerste magte kan verslaan, maar vra ook baie direkte vrae oor hoe tuis Jesus sou voel indien Hy vandag by ons sou aanklop… oor hoe gejaagde lewens en stowwerige Bybels ons werklike prioriteite verklap.

    Die boodskap van die album is egter deurlopend positief en inspirerend met kleurryke harmonieë wat ook ou gunstelinge soos “Glory Hallelujah”, “In die blomtuin”, “Whispering hope”, “Put your hand in the Hand, “Wat ‘n vriend het ons in Jesus” en “Amazing Grace” in volle glorie, en met hernude impak, laat herleef.

    “Dankie Heer” is ‘n album wat moeiteloos en met ‘n besonderse egtheid die wese van die Vader in die diepste kamers van jou hart sal insing.