Dagstukkies Vir Klein Hartjies (Sagteband)

    Dagstukkies Vir Klein Hartjies (Sagteband)

    Wendy Maartens
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R149.96

    R119.97

    Nou kan kinders God se wonderlike wêreld ontdek in 50 dagstukkies.

     

    Wendy Maartens bied vir ouers die perfekte oplossing vir daardie tye wanneer hulle hul kinders wil leer om stil te word by God.

    Die 50 stukkies in Dagstukkies vir klein hartjies be­gin elk met ’n kort oordenking en ’n Bybelvers om te onthou. Daarna word die kind se geloofsgroei ver­der gestimuleer deur iets om oor te dink, ’n ge­bedjie en iets om te gaan doen. So leer hulle sommer vroeg dat jy dit wat jy in die Bybel leer elke dag deel van jou le­we moet maak. Kleingoed sal ook versot wees op die allermooiste illlustrasies by elke stukkie. Die muis wat in elke storie wegkruip, maak die boek op ’n pret­tige manier interaktief en leer kinders om op detail te konsentreer.

    Dagstukkies vir klein hartjies sal kleintjies wys dat God om hulle is in die natuur. So sal hulle sy wonder­like wêreld elke dag ontdek.

    Die kleurvolle boek sal kinders leer om elke dag stil te word by God en nader aan hul Skepper te groei.

     

    Oor die outeur en illustreerders

    Wendy Maartens is ’n joernalis, vertaler en be­kroonde kinderboek­skrywer met 14 titels agter haar naam waarvan sommige in in­heem­se tale vertaal is. 22 jaar se gr. 3’s uit onder andere Cloetesville, La Colline en Kayamandi op Stel­len­bosch het haar voorbe­rei om te doen waarvan sy nog altyd gedroom het ... om haar brood met woorde te verdien. Wendy het veral ’n passie vir Suid-Afrikaanse legendes, en ver­hale wat kinders in moeilike sosio-ekonomiese omstandig­hede help om hulleself te bemagtig.

     

     

    Natalie en Tamsin Hinrichsen woon in Kaap­stad en werk vanuit hulle tuis-ateljee. Hulle het al verskeie kinderboeke saam geïl­lustreer nadat beide in 1995 aan die Kaapse Skier­­eiland-Uni­versiteit vir Tegnologie afge­studeer het met gra­fiese ontwerp en illustrasie as hoofvakke. Hulle hou van ’n klassieke sto­rieboekstyl en gebruik gouache en akrielverf.