Dagstukkies Vir Besige Vroue (Sagteband)

    Dagstukkies Vir Besige Vroue (Sagteband)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R190.00

    R162.01

    Van ’n vrou in vandag se wêreld word baie verwag: Sy moet ’n goeie huweliksmaat wees, haar deel in die werksplek en by die kerk doen – én (so voel dit) ’n perfekte ma wees. Hierdie dagstukkieboek is spesiaal saamgestel vir elke vrou wat maar alte goed weet dat dit nie altyd so maklik is nie, dat die lewe soms houe uitdeel en dat veral ’n ma moeg en radeloos kan voel. In Dagstukkies vir besige vroue, saamgestel deur Christelle Webb-Joubert, bring bekende vroue

    soos radiopersoonlikheid Benescke Janse van Rensburg; Christine Ferreira, redakteur van die tydskrif Lééf – met hart & siel; sangeres Helenè Bester en aktrise Bertha le Roux-Wahl boodskappe van hoop vir ma’s. Dagstukkies vir besige vroue wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy as vrou en ma nodig het en Hy sal jou nooit in die steek laat nie.