Dagstukkies Vir Ouma (Hardeband)

    Dagstukkies Vir Ouma (Hardeband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 2 weeks
    R229.00

    Ouma, daardie spesiale vrou wat kinders verstaan en liefde en hope drukkies uitdeel. Niemand kan haar plek inneem nie. Sy is altyd daar, of jy ’n skouer nodig het om op te huil of net iemand soek om saam met jou te lag.

         Dagstukkies vir Ouma bevat inspirerende boodskappe, aanhalings en Bybelverse – net wat ’n ouma nodig het om geliefd en spesiaal te voel. Hierdie Bybeldagboek sal jou laat besef hoe kosbaar jy vir God en vir jou familie is.

         Dié dagstukkies dek al die aspekte van ’n ouma se lewe, van bybly by jou kleinkinders, goeie verhoudings met jou volwasse kinders, tot die uitleef van jou geloof en die aangee van familietradisies. Dit vang die geestelike essensie van ouma-wees vas en gee hoop, aanmoediging en ondersteuning vir oumas van alle ouderdomme. Of jy nou ’n vergadering lei of in die kombuis besig is om koekies te bak, as ouma kan jy jou ten volle uitleef!