Daarom Kan Ek Sing (Sagteband)

    Daarom Kan Ek Sing (Sagteband)

    Johann Voges
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Glo beteken om te vertrou in God se daarwees, al verstaan ons nie.

    Hoe lyk ons geloof te midde van pyn? Hoe bly ons bly­moe­dig in ’n samelewing wat lyk of dit besig is om uit­me­kaar te val?

    Dit is die vrae wat dikwels deur ons kop maal, sê Johann Voges. In Dáárom kan ek sing bemoedig hy jou deur ’n nuwe perspektief: Ons oorwinning en troos lê daarin dat ons kan weet God is by ons en dra ons in ons seerkry.

    In dié verrykende boek kyk Johann na wat groot Gods­manne soos Jesaja, Job en Esegiël oor lyding gesê het. Hulle het ook lyding, vervolging, hartseer, verlies en swaarkry geken. Hulle verhale wys ons baie duidelik – niemand word lyding gespaar nie.

    Ontdek saam met Johann dat ons inderdaad saam met Habakuk kan jubel, want die Here ons God gee vir ons krag. Dít is wat glo werklik beteken – om te vertrou in God se daarwees, al verstaan ons nie die doel van ons lyding nie.

    Oor die outeur

    Johann Voges het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy het ná sy MSc-graad met teologie begin en later sy DTh in praktiese teologie aan Unisa voltooi. Johann was leraar by Standerton-moedergemeente en vir die afgelope 30 jaar in Lynnwood-gemeente en was ook in hierdie tyd op die moderamen van die Noordelike en Algemene Sinode. Johann en sy vrou, Martie, met wie hy al meer as 40 jaar getroud is, woon vandag in Witrivier waar Johann steeds betrokke is by gemeentes in Sabie, Graskop en Simile. Die Voges-egpaar het ook ’n retreat-sentrum by hul huis ontwikkel. Johann is die pa van vyf eie kinders en vier aangetroudes, en ʼn oupa van drie en ʼn spikkeltjie kleinkinders.