Daaglikse Wysheid Vir Leiers (Sagteband)

    Daaglikse Wysheid Vir Leiers (Sagteband)

    John C Maxwell
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R229.95

    Daaglikse wysheid vir leiers bied aan leiers uit alle sfere van die samelewing die nodige wysheid gee om te volhard.

     

    Hulle sê die noordewind het geboorte gegee aan die Wiking, en dit beskryf ‘n belangrike beginsel vir elke potesiële leier. Die beste leiers word gevorm deur die uitdagings wat oor hul pad kom. Die pad van leierskap is dikwels vol onverwagte verrassings. Daarom verg dit wysheid om te weet hoe om, ten spuite van al die struikelblokke, koers te hou tot by ‘n waardige bestemming.

         John Maxwell se Daaglikse wysheid vir leiers sal aan leiers uit alle sfere van die samelewing die nodige wysheid gee om te volhard. Die 365 dagstukkies is die room van Maxwell se leierskapkennis uit verskeie van sy topverkoperboeke oor leierskapontwikkeling. Elke dag het ‘n toepaslike Bybelvers, en onderwerpe handel oor leierskapkwessies soos sukses, rentmeesterskap, spanwerk en mentorskap.

         Hierdie dagsukkies sal leiers die nodige wysheid gee vir die daaglikse uitdagings wat oor hul pad mag kom.

         Daaglikse wysheid vir leiers is die opgedateerde uitgawe van die dagstukkieboek wat in 2011 uitgegee is.

     

    Oor die Outeur

     

    John C. Maxwell word gereken as een van die wêreld se voorste en mees gerespekteerde leierskapkenners, spreker en skrywer. Hy is die stigter van EQUIP, ‘n nie-winsgewende organisasie wat reeds meer as vyf miljoen leiers in 126 lande wêreldwyd het. Hy is ook al deur Inc. Magazine aangewys as die suksesvolste leierskap- en bestuurskenner in die wêreld. Van sy topverkopers sluit in Die 5 vlakke van leierskap, Die 15 wette van voortdurende groei, Soms wen jy, soms leer jy, Goeie leiers vra die regte vra, Leef uitnemend en Verskuif jou grense.