Die Gesprek (Sagteband)

    Die Gesprek (Sagteband)

    Christy Herselman
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R120.00

    Hierdie boek is ’n wonderlike hulpmiddel om jou en jou kind te help om seksualiteit op ’n gesonde en lewegewende manier te ontdek.

    As ’n ouer is een van die vrae waarvoor ons nooit regtig gereed is nie, wanneer jou kind skielik vra: "Waar kom babas vandaan?" Om met ons kinders oor seks te praat behoort nie ’n ongemaklike gesprek te wees wat ons eerder probeer vermy nie. Ons moet dit eerder sien as ’n noodsaaklike geleentheid beskou om met ons kinders te gesels en hulle met Godvresende kennis toe te rus vir gesonde toekomstige verhoudings.  Dié gesprek: Bytjies, blommetjies en kosbare lewens is ’n gids wat jou sal help om vrae soos waar babas vandaan kom op ’n reguit en eerlike, maar tog sagte manier te beantwoord. Dit spreek onderwerpe soos liefde, seks, bevrugting en geboorte aan, en vier die wonder en doel van ’n mens se lewe.  Dit sluit ’n woordelys van terme en nuttige wenke vir ouers en voogde in, en is ’n wonderlike hulpmiddel om jou en jou kind te help om seksualiteit op ’n gesonde en lewegewende manier te ontdek.

    Oor die Skrywer

    In 2014 het Christy Herselman die behoefte gesien om ouers toe te rus om met hul kinders oor seks te praat. Sy het navorsing gedoen, met mammas gesels en so het Dié gesprek: Bytjies, blommetjies en kosbare lewens die lig gesien. Christy bestee die grootste deel van haar tyd aan navorsing, skryf en om met ouers en tieners te gesels oor onderwerpe soos identiteit, seksualiteit, sosiale media en ander verwante onderwerp.