SCM Dagstukkies Vir Vroue (Flexcover) TBC

    SCM Dagstukkies Vir Vroue (Flexcover) TBC

    Compilation
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R230.00

    Soos ’n veldblom sal vroue help om hul identiteit en waarde in Christus te besef en te verstaan

    Soos ’n veldblom is ’n unieke kontemporêre dagstukkieboek vir vroue. Dit sal vroue van alle agtergronde help om hul identiteit en waarde in Christus te besef en te verstaan. Die boek is geskryf deur ’n span vroue wat elkeen intiem vertroud is met die probleme waarmee vroue daagliks te kampe het. Die boek bied praktiese raad om uitdagings te oorkom en bemoediging om nie toe te laat dat sorge hulle terughou van die oorvloedige lewe wat op hulle wag as dogters van God nie.  Soos ’n veldblom put inspirasie uit verskeie vroue in die Bybel, en dek onderwerpe soos:

    ·          Jy is . . . gemaak om kreatief te wees

    ·         Jy is . . . genoeg

    ·         Jy is . . . ’n nuwe skepping

    ·         Jy is . . . kosbaarJy is . . . uniek

    ·         Jy is . . . lig

    Elke dagstukkie bevat ’n krag-gedagte vir die dag, sowel as plek om jou eie gedagtes neer te pen.`

    Angelique du Toit is ’n sakevrou, spreker en skrywer wat mense aanmoedig om met groter passie te leef en hul lewensdoel na te streef.

    Janine van Niekerk is ’n media-evangelis, gospelmusiek-promotor, en radio- en TV-aanbieder. Sy en haar man het drie kinders.

    Liesel Krause-Wiid is ’n spreker, tydskrifmedewerker en ’n leraar aan die NG Kerk Kameeldrif in Pretoria. Sy is ook die bemarkingsdirekteur van Willa Krause Skin Care. 

    Ann Goodfellow het al dekades lank ’n gebedbediening, wat onderrig, voorbidding en gebede vir genesing insluit. Sy het al verskeie boeke oor gebed die lig laat sien.

    Cailin Leacock is die programdirekteur by die Hillsong-kerk in Kaapstad. Sy is ’n ma, ’n eggenoot en ’n Jesus-aanbidder.