Die 366 bemoedigende oordenkings uit die pen van Angus Buchan sal jou elke dag bewus maak van God se grenslose genade.
Ontdek en beleef God se grenslose genade in Angus Buchan se dagboek Genadejaar. In 366 bemoedigende oordenkings nooi hy lesers uit om elke dag tot God te nader en sy almagtige hand in hulle lewe te sien werk en die gratis geskenk van sy genade te ontvang.
Hierdie grootdruk-dagboek sal lesers inspireer om te groei in ’n lewe van toewyding en vertroue op God.
Ook beskikbaar in Engels onder titel A Year of Grace.
Oor die Outeur
Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskap-pe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.
-
By
Angus Buchan
-
Category
Dagstukke
-
SKU
9781431620425
-
Barcode
9781431620425
-
Department
Afrikaanse Boeke
-
Number of Pages
392 pp
-
Language
Afrikaans
-
Weight (kg)
0.0000
-
Format
Hardeband
-
Publisher
Christelike Uitgewersmaatskappy
Gehoorsaamheid aan God
Baie word verwag van hulle aan wie baie gegee is, en nog
veel meer word vereis van hulle aan wie soveel meer gegee
is.
~ Lukas 12:48
Jesus Christus sê baie duidelik vir ons in Johannes
15:16: “Dit is nie julle wat My uitgekies het nie,
maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel
om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die
Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.”
Dit beteken God het vir my en vir jou gekies en ons
aangestel om ’n taak uit te voer.
Wanneer God aan ons ’n verantwoordelikheid en ’n
opdrag gee, moet ons dit nakom. Ons kan nie sê ons is
lief vir Jesus en dan leef soos ons wil nie. Ons moet ’n
goeie voorbeeld vir ons medemens stel, en ons moet
goeie bestuurders wees van alles wat God in ons sorg
oorgegee het.
User Reviews