Ontsluit Die Krag Van Gebed (Sagteband)

    Ontsluit Die Krag Van Gebed (Sagteband)

    Stormie Omartian
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.94

    Skrifgebaseerde oordenkings om jou gebedslewe te verryk met die Woord van God.

     

    Wil jy volgens God se wil bid? Wil jy daardie dinge wat jou die naaste aan die hart lê aan die Here opdra en weet jy maak ’n verskil wanneer jy dit met Hom deel? Doen dit dan deur die Woord te bid en te sien hoe God se krag deur jou werk.

    Die tydlose oordenkings deur Stormie Omartian in Ontsluit die krag van gebed draai om kernteks­verse in die Bybel. In hierdie verse sien jy die krag van voorbidding, die hoop van ʼn veilige skuilplek, die belang van belydenis en soveel meer.

    Laat die seën van barm­hartigheid, die troos van genade en die vryheid van guns jou gebede en lewe op wonderbaarlike wyse trans­formeer.

     

    Oor die outeur

     

    Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 35 miljoen van haar boeke ver­koop. Dit sluit The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life,The Power of a Praying® Wifeen The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het 2 volwasse kinders en kleinkinders. www.stormieomartian.com.