Meer As Oorwinnaars (Sponsgevulde Hardeband)

    Meer As Oorwinnaars (Sponsgevulde Hardeband)

    Solly Ozrovech
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R249.95

    R211.99

    Word in 366 dae toegerus met kennis en begrip oor die drie geloofsankers: geloof, hoop en liefde.

     

    “Geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” Almal ken hierdie bekende teks­vers uit 1 Korintiërs 13, maar wat ís geloof, waarop kan Christene régtig hoop en hoe kan ons ander oprég lief­hê?

    Meer as oorwinnaars, Solly Ozrovech se dagboek met 366 oor­denkings, is saam­gestel rondom hier­die drie geloofs­pilare. Omdat die hele dagboek rondom slegs drie temas sentreer, is soveel moontlik teksverse hieroor uit die Bybel ontgin.

    As ervare en deurwinterde gelowige was Solly Oz­rovech toegerus om gelowiges dieper te lei in die grondwaarhede van die Christelike geloof en hulle die werklike betekenis van geloof in die Vader, die lewende Christus en die Heilige Gees te laat begryp. Aan die einde van Meer as oorwinnaars sal die leser ’n beter begrip hê van die vervlegtheid van die temas geloof, hoop en liefde, begryp hoe lief God ons het deur Christus en hoe om God en ander onbevrees en met oorgawe lief te hê.

     

    Oor die outeur

    Solly Ozrovech was vir meer as 40 jaar pre­di­kant in die Kaapprovinsie, waarna hy hom voltyds begin toespits het op die skryf van Chris­telike boe­ke. Uit sy pen het meer as 230 boeke ver­skyn, elk­een ’n tref­fer­boek in eie reg.