Gesonde Gesinsverhoudings (Sagteband)

    Gesonde Gesinsverhoudings (Sagteband)

    Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Praktiese, prettige voorstelle vir ouers om skermtyd te vervang met innige, durende verhoudings.

     

    Die gesin is diep in die moeilikheid.

       Die lewe vandag is so ’n dolle gejaag dat ouers en kinders mekaar dikwels net so in die verbygaan sien, en in daardie skaars tye wat ons ’n oomblik vir onsself het, is ons vasgegom aan ’n skerm van een of ander aard.

         In Gesonde gesinsverhoudings gee Johan Smith praktiese en prettige raad hoe die gesin van die een-en-twintigste eeu kan wegkom van die digitale hulpmiddels en weer in ’n hegte verhouding met mekaar kan leef. Dit sluit voorstelle in soos die hou van fliekaande, die skep van saamlag-geleenthede en die terugbring van die etenstafel. So kan elke ouer die tipe omgewing skep waar kinders geborge voel en toegerus word om die toekoms met vertroue in te gaan.

     

    Oor die outeur

    Johan Smith is ’n skrywer, prediker en spreker. Hy besoek landswyd skole en kerke om ’n wye spek­trum van mense te bedien, soos jeug, ouers, gesinne, mans en vroue. Sy nuutgestigte nie­wins­gewende maatskappy, VitaAmp (www.vitaamp.org), fokus op bediening aan die jeug, onder­wysers, skool­hoof­de, predikante, ouers en gewone lid­mate. Moreletapark Gemeente is Johan se tuis­gemeente.