Carike, Ghoempie En Ghoeghoe Kuier In Bybelland (Hardeband)

    Carike, Ghoempie En Ghoeghoe Kuier In Bybelland (Hardeband)

    Carika Keuzenkamp
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R110.00

    R49.95

    Leer jou kind saam met Ghoeghoe en Ghoempie hoe om hulle geloof uit te leef.

    Vir meer as ‘n dekade reeds deel Carike Keuzenkamp en haar geliefde karaktertjies, Ghoeghoe en Ghoempie, waardevolle lewenslesse met Suid-Afrikaanse kinders. Sy vermaak hulle en wys hulle terselfdertyd dat die lewe bedoel is om vol pret en geluk te wees.

    In haar nuutste boek, Carike, Ghoempie & Ghoeghoe kuier in Bybelland, deel sy van haar gunsteling Bybelstories. Getrou aan haar strewe om geloof in die daaglikse lewe van toepassing te maak, word elke Bybelstorie vergesel deur ‘n moderne verhaaltjie waar in Ghoeghoe en Ghoempie kinders op ‘n praktiese manier wys hoe om hulle geloof uit te leef.

    Oor Carike Keuzenkamp

    Carike Keuzenkamp is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Haar regte naam is Elizabeth Maria Magdalena van Zyl. Sy is op 3 Maart 1947 in Den Haag, Nederland gebore. Haar pa en ma was Carel Keuzenkamp en Rik Loomans. Op 13 Julie 1968 trou sy met Olaus van Zyl en saam het hulle een seun en twee dogters.

    In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning vir 'n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.