Ook Jou Lewe Is In God Se Hand (Sagteband)

    Ook Jou Lewe Is In God Se Hand (Sagteband)

    Kobus Hattingh
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 10 working days
    R95.00

    Bybelstudie oor nege uiteenlopende karakters in die Bybel

    ’n Bybelstudie oor nege uiteenlopende mense in die Bybel, opgestel deur ’n kleingroep, vir kleingroepe. Bekende karakters soos Mirjam, Hanna, Gehasi en Eli, asook minder bekende name soos Jefta, Abigajil, Gulda, Anna en Mattias word in diepte bekyk. Temas wat hieruit voortvloei, sluit onder andere die huwelik, heiligheid, roeping, deursettingsvermoë en eerbaarheid in.

    PLUSPUNTE

    • Minder bekende dele van die Bybel word behandel
    • Omvattende en insiggewende studies
    • Ontwikkel deur ’n kleingroep, vir kleingroepe
    • Kursustoets wat ingebind is
    • Riglyne vir moontlike antwoorde
    • Spesifieke gebedsonderwerpe

    Oor die Outeur

    Die studieleier is dr. Kobus Hattingh. Hy is gebore in Upington; matriek gemaak in Johannesburg; gestudeer aan die US en UP. Voor sy aftrede was hy leraar in drie N.G. gemeentes en dosent in Bybelkunde by UPE. Hy is getroud met Freda en hulle het drie kinders.