Bybelstories Vir Seuns (Hardeband)

    Bybelstories Vir Seuns (Hardeband)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.95

    R160.00

    ’n Bybelstorieboek wat jong seuns alles leer van die dapper en godvresende manne in die Bybel.

     Die opwindende stories in Bybelstories vir seuns tesame met die lewendige illustrasies is ’n prettige manier om jong seuns tussen 6 en 10 jaar aan dapper en godvresende mans in die Bybel bekend te stel.

    Hierdie Bybelstorieboek gee ’n kykie in die lewens van inspirerende mans soos Josef, Dawid, Petrus en nog vele meer. Elke karakter word op ’n eenvoudige manier aan seuns bekendgestel, terwyl die storie verder verryk word met historiese feite en agtergrondinligting oor die karakter.

    Seuns se geloof sal versterk word terwyl hulle lees hoe die verskeidenheid karakters deur God se liefde en genade hulle twyfel en vrees oorkom het om te doen wat God vra. Die eenvoudige taalgebruik maak die stories maklik om te lees en te verstaan, en is daarom die ideale Bybel vir jong seuns.

     Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Stories for Brave Boys