Bybelstories Vir God Se Klein Prinses (Sagteband)

    Bybelstories Vir God Se Klein Prinses (Sagteband)

    Sheri Rose Sheperd
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    37 Bybelstories wat geestelike wysheid en waarhede met jou klein prinsessie deel.

    In hierdie pragtig geïllustreerde Bybelstorieboek ge­bruik topverkoper-outeur Sheri Rose Shepherd beto­werende prinseskarakters en maklik om te verstaan Bybelstories om geestelike wysheid en waarhede met jong dogtertjies te deel. Hierdie Bybelstorieboek is ’n wonderlike inleiding tot die Bybel vir selfs die kleinste prinsessie!

    Bybelstories vir God se klein prinses is ’n vars en nuwe manier om klein dogtertjies – kleuters en voorskolers – die fondasie van die Christelike geloof te leer. Eenvoudige lessies oor hoe om God te ken, hoe om te leer bid, om geloof te hê en om tussen reg en verkeerd te onderskei, maak hierdie die perfekte eerste Bybel.

    Met pragtige illustrasies op elke bladsy, lessies vir ’n prinses en maklik om te verstaan Bybelversies, sal hierdie Bybelstorieboek dogtertjies opgewonde maak om God se Woord te leer ken.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Stories for His Beautiful Princess

    Oor die outeur

    Sheri Rose Shepherd, die geliefde topverkoperouteur van die His Prin­cess-reeks, hou daarvan om oulike Bybel­stories vir kostelike klein dog­tertjies te skryf. Sheri Rose reis baie as ʼn spre­ker, het al meer as een miljoen boeke verkoop en het al vir meer as 20 jaar ʼn bediening vir ma's en hulle dogters.