Bybelstories Vir Dogters (Hardeband)

    Bybelstories Vir Dogters (Hardeband)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R189.95

    R161.00

    ’n Bybelstorieboek wat jong dogters alles leer van die dapper en godvresende vroue in die Bybel.

    Die opwindende stories in Bybelstories vir dogters tesame met die lewendige illustrasies is ’n prettige manier om jong meisies tussen 6 en 10 jaar aan dapper en godvresende vroue in die Bybel bekend te stel.

    Hierdie Bybelstorieboek gee ’n kykie in die lewens van inspirerende vroue soos Rut, Ester, Maria en nog vele meer. Elke karakter word op ’n eenvoudige manier aan dogters bekendgestel, terwyl die stories verder verryk word met historiese feite en agtergrondinligting oor die karakter

    Dogters se geloof sal versterk word terwyl hulle lees hoe die verskeidenheid karakters deur God se liefde en genade hulle twyfel en vrees oorkom het om te doen wat God vra. Die eenvoudige taalgebruik maak die stories maklik om te lees en te verstaan, en is daarom die ideale Bybel vir jong meisies.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Stories for Brave Girls