Bybelse Profesiee En Die Eindtyd (Sagteband)

    Bybelse Profesiee En Die Eindtyd (Sagteband)

    Tim Lahaye
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Bybelse antwoorde oor God se plan vir gelowiges se toekoms.

     

    Dit is nie net Bybelwetenskaplikes wat Bybelse profesieë kan verstaan nie, jy kan nou ook leer hoe met Tim LaHaye se Bybelse profesieë en die eindtyd. Dit is die ideale beginpunt vir enigiemand wat Bybelse profesieë beter wil verstaan.

         Hierdie waardevolle gids gee vir jou al die inligting wat jy nodig het oor die eindtyd, en bevat:

    ·         Riglyne vir hoe om Bybelse profesieë reg te interpreteer

    ·         Diagramme wat duidelike oorsigte gee van die toekoms

    ·         Stap vir stap voorbeelde van hoe om te verstaan wat die Bybel sê oor die wegraping, die wederkoms, en die duisendjarige vrederyk

    ·         ’n Omvattende oorsig van God se plan vir die eindtyd

    Met wêreldgebeure wat die Here se koms al hoe nader bring, sal Bybelse profesieë en die eindtyd jou help om jou pad te vind in die opwindende en uitdagende dae wat voorlê.

     

    Oor die outeur

    Dr. Tim LaHaye (1926-2016), mede­skepper van die Hulle wat agterbly-reeks, was ’n voormalige onderwyser en leraar en het eindtyd-voorspellings be­studeer. Hy was die outeur van meer as 80 niefiksie-boeke oor ’n wye verskeiden­heid onderwerpe. Sy skryfwerk is maklik om te verstaan en het Skrifgebaseerde toe­passings om die uitdagings van die lewe te hanteer.