Bybel-Bytjies: Prettige Bybellesse Oor Selfbeheersing (Sagteband)

    Bybel-Bytjies: Prettige Bybellesse Oor Selfbeheersing (Sagteband)

    Agnes De Bezenac & Salem De Bezenac
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R49.94

    Prettige Bybellesse wat kinders meer leer van selfbeheersing.

     Dit is baie belangrik dat ouers vir hulle kinders van kleins af goeie waardes leer wat hulle vir die res van hulle lewe met hulle kan saamdra. Met behulp van die Bybel-bytjies-reeks kan ouers drie van hierdie Bybelse waar­des op ʼn prettige manier in hulle kinders se lewens inbou.

    Deur een­voudige aktiwiteite soos dool­howe, blok­kies­raaisels en inkleurprentjies sal kinders tussen 6 en 10 jaar leer:

    • Dankbaarheid gee ʼn dieper betekenis aan alles wat jy doen.
    • Selfbeheersing help jou om versoekings te weer­staan.
    • Fluksheid sal jou meer suksesvol maak.

    Hierdie oulike reeks sal ouers help om moeilike konsepte op ʼn opwindende manier vir hulle kinders te leer.

     Ook beskikbaar in Engels onder die titel BibleGum: Fun Bible Lessons on Self-Control

     Oor die outeurs

    Agnes en Salem de Bezenac is professionele kreatiewe kunstenaars en spesialiseer in die skep van kinderboeke en multimedia-produksies. Salem is al sedert 1997 betrokke by musiek­vervaardiging en komponeer musiek vir flieks. Hy het veral ervaring opgedoen in Europa, Asië, Afrika en Suid-Amerika. Agnes is ʼn outeur en illustreerder van kinderboeke. Sy het ook 10 jaar ervaring as kleuterskool- en laerskool-onderwyseres