By Waters Van Rus Grootdruk (Sponsgevulde Hardeband)

    By Waters Van Rus Grootdruk (Sponsgevulde Hardeband)

    Johan Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    Ervaar opnuut die vernuwende krag van God in die 366 oordenkings.

    Te midde van die daaglikse gewoel van die lewe, hunker ’n mens na ’n oomblik wanneer jy net stil kan word by jou Here.

    Johan Smit bied jou hierdie geleentheid met sy dagboek By waters van rus. Die 366 diepsinnige oordenkings in grootdruk sal soos ’n lafenis vir die siel wees wan­neer jy stil word by God. Die temas in hierdie dagboek sluit onder andere in: Die lewe is ’n fees!; Die mense agter die skerms; Psalms; Uitda­gings en Die wins van verlies. Die handige teks­register agter in die dagboek is ook ideaal om teks­gedeeltes op te soek.

    Met By waters van rus kan jy elke dag by die Vader se voete kom sit en opnuut God se vernu­wen­de krag in jou lewe ervaar.

    Oor die outeur

    Johan Smit het al meer as 100 boeke oor ’n verskeidenheid onderwerpe gepubliseer. Hy was predi­kant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.