Breekpunt (Sagteband)

    Breekpunt (Sagteband)

    Henk Gous
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R119.95

    Leer hoe om krisisse reg te hanteer sodat jy daardeur kan groei.

     

    Stres, stres, stres. Die gonswoord op almal se lippe, want ons elkeen, van kinders tot volwassenes, beleef dit.

    Dit hoef jou glad nie moedeloos te maak nie, want hierdie potensiële struikelblokke en breekpunte kán noodsaaklike groeipunte en trapklippe na sukses word.

    In Breekpunt wys Henk Gous jou hoe om krisisse reg te hanteer en so persoonlik te groei. Hy verdeel die boek in vier afdelings, naamlik persoonlike stres, stres in verhoudings, stres by die werk en stres oor finansies. As ervare berader bespreek hy onder meer:

    ·         Die oorsake van trauma en praktiese wenke om dit te hanteer.

    ·         Hoe om konflik en krisisse op ’n gesonde manier te hanteer.

    ·         Maak sin uit pyn.

    ·         Stappe van vergifnis.

    ·         Hoe om die bande van verslawing te breek.

    ·         Hoe om op te staan ná ’n nederlaag.

    ·         Hoe om op te hou stres oor finansies.

    Neem vandag nog beheer oor jou lewe, want jy kán krisisse reg hanteer en oorkom, en so met selfvertroue die toekoms tegemoetgaan.

     

    Oor die outeur

    Dr. Henk Gous is leraar van die NG Kerk (voorheen Quellerina in Roode­poort, studenteleraar in PUK-Kande­laar, en Vanderbijlpark-Suid). Hy het op ’n wye gebied in die NG Kerk as leier gedien, waaronder Moderator van die Sinode van Wes-Transvaal, Voor­sitter van die Algemene Jeug­kommissie en onder­voorsitter van die Kuratorium van die Teologiese Fakulteit by UP.  Pastoraat, prediking en jeugwerk is fokuspunte in sy bediening. Sy sportsoorte is fietsry en stap, met natuur en avontuur as ander liefhebberye.