Born Again (CD)

    Born Again (CD)

    Dewald Gouws
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R129.95

    R103.96

    Dewald Gouws die Evangelis en sanger het sopas sy 4de geestelike album "Born Again" vrysgestel. 

    Hierdie sanger se passievolle bediening by gemeentes en mannekampe oor Suid-Afrika, Namibië, Australië asook Nieu-Seeland het menigte opnuut weer laat besef dat Jesus Christus deel van hul daaglikse lewenswandel moet wees. Die album bestaan uit oorspronklike liedjies geskryf uit Dewald se hart, asook wel bekende internasionale liedjies wat hy en sy orkes akoesties aanbied met die doel om luisteraars te laat saamsing in lof en aanbidding. Hy het 3 produksie-spanne betrokke gekry met die opnames:  Johan Rautenbach van Amberfield studio’s, Christie Schutte van Startrax Studio's asook Jakes Odendaal van Maven Produksies.

    Die titel snit op hierdie album "Born Again" het reeds landwyd op sosiale media baie belangstelling gewek. Hierdie lied het Dewald geskryf in die Karoo vlakte op die plaas waar duisende "Mighty Men" manne jaarliks bymekaar kom. Hy het ook ń pragtige lied "U is hier" geskryf en dit as ‘n duet saam met die welbekende sangeres, Rouchelle Liedemann, opgeneem. "I believe in You" is ń lied uit sy hart aan verslaafdes vir deernis in hul omstandighede en gebrokenheid. Sy "Lied van Hoop" skep opnuut weer hoop in ons harte vir ons land Suid-Afrika.

    Wanneer Dewald gesels oor sy nuwe album verwys hy altyd na die skrif in Joh 3:3:  Jesus antwoord en sê vir hom: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”.