Soms Se Jesus Nee (Sagteband)

    Soms Se Jesus Nee (Sagteband)

    Isak Burger
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Isak Burger ondersoek waarom God se “Nee” soms beter as ’n “Ja” is.

     Baie mense ervaar soms dat die Here nee sê wan­neer hulle iets vra. Dit laat hulle dikwels mis­moedig en teleur­gestel voel. As hulle egter maar net God se raadsplan geken het, sou hulle geweet het dat Hy ’n doel het wanneer Hy nee sê.

    Isak Burger, outeur van die topverkoper Die gees-teswêreld kyk in Soms sê Jesus nee van na­der na hierdie onder­werp deur te fokus op die verhaal van die besetene van Gadara, soos dit gevind kan word in Markus 5:1-21. In die verhaal is daar drie ver­soeke aan Jesus. Die demone vra Hom om hulle in die varke in te dryf, en Jesus sê ja. Die inwoners van die dorpie vra Jesus om weg te gaan, en Jesus sê ja. Maar wanneer sy nuutste bekeerling, die man van Gadara, Hom vra of hy saam met Jesus kan gaan, sê Jesus nee. Eers jare later kan die rede vir Jesus se antwoord gesien word – baie mense het tot geloof gekom as gevolg van dié man se getuienis.

    Net soos die man van Gadara nie kon verstaan hoekom Jesus nee gesê het nie, verstaan ons ook nie altyd die rede vir Jesus se antwoord nie. In Soms sê Jesus nee wys Isak Burger egter dat Jesus se ant­woord altyd reg is, omdat Hy reeds weet wat op ons pad lê.

     

    Oor die outeur

     Isak Burger was waarskynlik een van die langsdienende kerkleiers in die land. Hy is in April 1988 verkies as president van die AGS en is telkens herkies totdat hy emeriteer in September 2016. Hy tree dikwels op as spreker en is die outeur of mede-outeur van verskeie boeke en artikels. Hy is een van die stig­terslede van Christelike Televisie in Suid-Afrika en dien reeds vir jare as direkteur van Radiokansel en CNW. Hy is ook lid van die National Religious Leaders Forum wat gereeld samesprekings met die president en van sy ministers voer. Isak is getroud met Heletia en hulle het ’n seun en twee dogters. Hulle woon in Silver Lakes.