In Die Lig Van Sy Genade (Sagteband)

    In Die Lig Van Sy Genade (Sagteband)

    Jimi Le Roux
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    366 inspirerende dagstukke oor God se beloftes en genade.

     

    God se beloftes dra ons. Dit is Woord-wind onder ons geloofsvlerke, wat ons hoog bo ons omstan­dighede kan laat uitstyg. Beloftes bring krag, hoop, geduld en geloof; dit getuig van God se genade.

    Dit is die bemoediging wat Jimi le Roux jou bied in In die lig van sy genade. Die 366 oorden­kings in dié volkleur-dagboek handel oor verskeie van God se beloftes uit die boek Jesaja wat ons kan inbou in ons geloofslewe. Verder bied die dagboek ook

    ·       ’n Persoonlike belofte vir die dag aan die einde van elke oordenking

    ·       ’n Leesprogram vir die boek Jesaja – met nood­saaklike verse om te merk

    ·       ʼn Artikel oor die agtergrond en inhoud van Jesaja wat gratis afgelaai kan word by cumuitgewers.co.za

    Spesiale geleenthede soos Paas­­­tyd, Pinkster­tyd en Kerstyd word ook met gepaste gedeeltes uit Jesaja toegelig.

    Die bemoedigings en beloftes in Jesaja kan ons baie leer oor God se hart vir sy mense, sy droom vir ons en sy plan vir die toekoms.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die title In the Light of His Glory.

     

    Oor die outeur

     

    Jimi le Roux is ’n lewens- en geestelike begeleier. Terwyl hy steeds georden is, is hy in die bevoorregte posisie om voltyds te doen wat in sy hart is: geestelike leiding te gee deur oordenkings, kursusse, coaching-programme asook prediking, lering en konsultasie aan gemeentes. Hy is ook voltyds betrokke by internetbediening. Jimi het ’n MA in Bybelkunde en ’n honneursgraad in sielkunde, en hy is ook ’n geakkrediteerde dosent aan die CGTS en bied vakke tot op honneursvlak aan in praktiese teologie.