300 Geloofsvrae En Bybelse Antwoorde (Sagteband)

    300 Geloofsvrae En Bybelse Antwoorde (Sagteband)

    Riekert Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Bybelse antwoorde 300 geloofsvrae waaroor gelowiges kopkrap.

    Is surrogaatmoederskap verkeerd? Wat het Kersbome met Kersfees te doen? Het diere siele? Kan ons vandag nog engele sien?

    Etiese vrae soos dié maal daagliks in Christene se koppe. En dan is daar nog geloofs­vrae soos: Wat beteken erfsondes? Wat is die regte manier van “rus” op die Sabbat/Sondag? Is dit verkeerd om Paasfees vir my kinders eiers in die tuin weg te steek?

    In 300 Geloofsvrae en Bybelse antwoorde gee Riekert Botha Bybels­gebaseerde antwoorde op 300 van hierdie kopkrap­per-vrae. Om naslaan te vergemaklik is die vrae onder 13 verskillende afdelings gesorteer wat insluit: die Bybel as Woord van God; kerk en gemeentelede; etiese kwessies; die wil van God; engele, gerubs en serafs; hemel en hiernamaals; sonde, verlossing en redding; en lyding.

    Dié boek is van onskatbare waarde vir almal wat daarmee worstel om hulle geloof en daaglikse lewe byme­kaar uit te bring.

    Oor die outeur

    Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honns) van die Global University en ’n MTh van die North­western Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.