Blydskap Wat Bly (Hardeband)

    Blydskap Wat Bly (Hardeband)

    Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    Word in 365 dae herinner dat jy ware, blywende vreugde kan vind in ’n hegte verhouding met God.

    Wat maak jou gelukkig? Is dit sukses in jou loopbaan? Genoeg geld vir aftrede? Politieke stabiliteit? Wag jy ook nog dat die Here jou omstandighede moet verander voor jy jou neerslagtigheid sal verruil vir vreugde?

    In Blydskap wat bly beklemtoon Stephan Joubert in 365 dagstukke dat ware vreugde nie te vind is in jou omstandighede nie, maar in ’n hegte verhouding met God. Daarom kan jy vreugde beleef al is die lewe onregverdig en sterf onskuldiges en seëvier korrupsie. Ware vreugde is nie ’n emosie nie – dis ’n seker wete dat saam met God elke oomblik in die lewe sin het en elke ontmoeting ’n geleentheid is vir omgee, uitreik en vergifnis. Dít bring ware blydskap!

    Oor die outeur

    Stephan Joubert is ’n voltydse navolger van Jesus en as deel van sy dagwerk is hy redakteur van e-kerk; buitengewone professor in Teologie by die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, en deeltydse leraar.