Binnekant Die Hemel (Sagteband)

    Binnekant Die Hemel (Sagteband)

    Rebecca R Springer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Die ware verhaal van ’n vrou se belewenis van die hemel tydens ʼn ernstige siekte.

     

    Die meeste Christene wonder een of ander tyd in hulle lewe wat hulle in die hemel te wagte kan wees. Alhoewel ons weet dat dit ’n plek van vrede en vreugde gaan wees en graag bly droom oor hierdie paradys, bly die onbe­kende vir ons onseker.

         Binnekant die hemel vertel die verhaal van Rebecca Springer se ondervinding toe haar lewe in die weegskaal tussen tyd en ewigheid gehang het en die skaal gewis na die ewigheid oor­gehel het.

         Sy beskryf wat sy met haar kort besoek aan die hemelse heerlikheid gesien het en bied ’n “onvolmaakte beskrywing van ’n volmaakte visioen” aan. Sy bieg dat sy nie die hele ondervinding kon weergee soos sy dit deur­gemaak het nie omdat die taal van die aarde totaal on­toereikend is.

        Met Binnekant die hemel deel die skrywer haar belewenis van die hemel met die hoop dat dit lesers sal troos en opbeur, net soos dit destyds vir haar gedoen het.