Bestem Tot Geestelike Groei (Sagteband)

    Bestem Tot Geestelike Groei (Sagteband)

    Dirkie Van Der Spuy
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R143.96

    Elke mens is bestem om geestelik te groei.

    In hierdie hersiene uitgawe stip Dirkie van der Spuy die pad uit na geestelike volwassenheid. Hy beskryf die mylpale op hierdie pad in eenvoudige maar lewensveranderende taal en wys onder meer op die belangrikheid van geestelike wedergeboorte, vervulling met die Heilige Gees, God se Woord, getuienis, gehoorsaamheid, diensbaarheid, en innerlike genesing. Elke hoofstuk word gevolg deur vrae vir individuele oordenking of groepbespreking.

    Ontdek die waarhede wat jou sal lei op 'n groeipad na ʼn dieper verhouding met God. Ontdek die volheid van die vervulling, geestelike rykdom, en roeping wat God vir jou bestem het.

    Oor die Outeur

    Dirkie van der Spuy is die outeur van verskeie Boeke, hy was leierpredikant van Moreletapark gemeente vir 25 jaar en is tans die uitvoerende direkteur van die Moreletapark Assosiasie (mpa). Die mpa fokus op die ondersteuning en opbou van leiers en gemeentes. Hierdie nie-winsgewende organisasie se visie is om te help om groeiende dinamiese kerkgemeenskappe in Suid-Afrika en oor die hele wêreld tot stand te laat kom.