Beloftes Van Hoop Grootdruk (Hardeband)

    Beloftes Van Hoop Grootdruk (Hardeband)

    Johan Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.99

    Die Bybel is ’n boek van hoop.

    Bybelse, gelowige hoop gaan nie oor ’n skoot in die donker nie. Dit gaan oor die sekerheid van God se beloftes wat op vervulling wag. Dis die ware hoop waarna mense moet gryp wanneer niks meer vas en seker is nie. Dis wat jou sal krag gee om aan te hou en uit te hou in onseker tye.

    Beloftes van hoop kyk op ’n ander manier na die wêreld. Nie deur ’n bril van moedeloosheid nie, maar deur die bril van die Woord. Al die oordenkings gaan nie net oor hoop nie, maar elkeen word gedra deur hemelse beloftes wat waar en betroubaar is.

    Voel God vir jou ver, onbetrokke en onwerklik? Dan het jy hierdie beloftes nodig om weer veilig en versorg te voel. Sonder die hoop wat Hy gee, kan daar nie liefde, vreugde en vrede in jou lewe wees nie. Laat hierdie boek jou oortuig om weer te glo in die goeie. Dan kan jy genees word van jou vrese en pyn.

    Oor die Outeur

    Johan Smit is ʼn predikant wat na 25 jaar in ʼn gemeente sy bediening voortsit as voltydse skrywer. 100 boeke is die resultaat van hierdie roeping. Om saam met sy vrou, Nina, tussen berg en see te woon en met sy ses kleinkinders te kuier, maak die lewe vir hom lekker.