Ontwaak Met Die Woord (Hardeband)

    Ontwaak Met Die Woord (Hardeband)

    Joyce Meyer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R170.00

    Joyce Meyer bied kragtige woorde  vir elke dag as katalisator vir ’n dieper verhouding met God.

    Ontwaak Met Die Woord bevat kragtige woorde – een vir elke dag van die jaar – wat jou sal help om nader aan God te leef.

         Joyce Meyer begin elke dagstukkie met ’n sleutelwoord om oor na te dink. Hierdie woorde, saam met gepaste Skrifgedeeltes en praktiese raad, sal jou lewe positief verander. Dit sal jou help om ’n inniger verhouding met God te ervaar en die wonderlike dinge wat Hy vir jou beplan jou eie te maak.

         Deur daaglikse bemoediging en gebede, en Joyce se gestruktureerde plan om jou geloof te laat groei, kan jy leer om God se krag in jou lewe te laat werk, so die struikelblokke in jou lewe oorkom en jou potensiaal bereik.

    Oor die Outeur

    Joyce Meyer is een van die wêreld se voorste predikers en is ’n kenner op verskeie gebiede wat fokus op emosies, houdings en gemoedstoestande. Sy het ongeveer ’n honderd boeke geskryf wat in meer as ’n honderd tale vertaal is. Joyce borg ook Hand of Hope, ’n welsynsorganisasie wat fondse skenk aan weeshuise en mediese sorg bied vir minder bevoorregtes. Haar topverkopers sluit in Vry om te leef, Eindig jou dag reg, Die stryd in jou gedagtes en Herbedraad jou denke.