Batseba - Onwillige Skoonheid (Sagteband)

    Batseba - Onwillige Skoonheid (Sagteband)

    Angela Hunt
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R159.95

    ’n Dramatiese beskrywing van ’n onwillige koningin.

    Nadat hy sy weermag gestuur het om ’n ander koning se hoofstad te gaan inneem, misbruik Dawid sy mag as koning om die vrou te kry wat sy oog gevang het – Batseba, die vrou van ’n lojale soldaat. Haar gevolglike swangerskap laat die koning haar man vermoor waarna hy haar deel maak van sy harem.

    In Batseba – onwillige skoonheid moet Batseba die dood van haar kind verwerk en later haar seun beskerm terwyl sy die effek van ’n donker profesie en dodelike vloek op die koning se huishouding moet hanteer.

    Deur die kombinasie van historiese feite en gedetailleerde fiksie skets Angela Hunt in Batseba – onwillige skoonheid ’n realistiese portret van ’n vrou wat moet veg om die resultate van ’n goddelike oordeel oor ’n koning met ’n verdeelde hart te oorleef.

    Oor die Outeur

    Angela Hunt is die New York Times-topverkoper-outeur van meer as 125 boeke. Haar boeke het haar verskeie pryse besorg waaronder die Christy Award, verskeie Angel Awards en Gold en Silver Medallions van die tydskrif Foreword se Book of the Year-toekenning. Sy het in 2008 haar doktorsgraad in Bybelse studies voltooi en in 2015 haar Th.D. Angela en haar man woon in Florida.