Beleef Jesus Christus (Sagteband)

    Beleef Jesus Christus (Sagteband)

    Jan Van Der Watt & Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.00

    Stap in twaalf weke deur die vier Evangelies en pas die lewenswaarhede toe om al meer soos Jesus te word.

    Vir Christene wêreld­wyd is die Naam Jesus glad nie onbekend nie. Die Seun van God het im­mers gekom om elkeen van ons te bevry van die mag van son­de. En tog gebeur dit dikwels dat soveel mense die volle impak van sy bediening op aarde geringskat.

    Met hierdie Bybelstu­die neem Stephan Joubert en Jan van der Watt die leser saam op ’n reis deur die vier Evangelies. Tydens hierdie twaalf weke sal jy Je­sus opnuut ontdek, want Hy is nie net die Seun van God nie; Hy is self ook God. Selfs toe Hy Judea en Galilea se stofstrate kom aandurf het, het Hy nooit opgehou om God te wees nie. En in hierdie Bybel­studie maak die skrywers sy destydse optrede en woorde van toepassing op vandag.

    Ons moet oppas om nie te eensydig na Jesus te kyk nie. Die hoofklem is dikwels dat Hy gekom het om vir ons sondes te sterf, en dit is ook so. Maar Hy was meer as net dit; Hy is die enigste voorbeeld wat ons ooit moet naleef.

    Oor die skrywer

    Jan van der Watt is ’n internasionaal erkende teoloog en die bekroonde skrywer, redakteur of medewerker van meer as 45 boeke. Hy was professor en hoof van die Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria en het al by universiteite in Europa, die VSA, Korea en Rusland gedoseer. Jan is ook ’n gesogte spreker by internasionale teologiese konfe­rensies. Tans is hy professor in Nuwe Testament aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland en buitengewone professor in Nuwe Testament aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

    Stephan Joubert is ’n skrywer, akade­mikus en spreker. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone profes­sor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar. Hy is getroud met Marie­tjie en het twee dog­ters, Tarien en Elani, en twee skoonseuns, Pierre en Nelius.