Lewe In Volkleur (Boek en DVD)(Boksstel)

    Lewe In Volkleur (Boek en DVD)(Boksstel)

    Lynette Beer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R229.00

    Tydens konsultasies het ek agtergekom dat mense verskillend optree: Party mense kan oor alles en nog wat gesels, behalwe die sake wat werklik saakmaak. Hulle kan ook uiters oortuigend voorkom en erg geskok in die ander party wees oor kwessie(s) waaroor hulle ongelukkig is.

         Ander praat weer op die man af, is spontaan eerlik en soek op ’n half aggressiewe manier onmiddellike oplossings. ’n Ander groep sal erg beswaard lyk – asof die hele wêreld op hulle skouers rus. Hulle stemtoon is ook heel besadig en hulle praat as ’n reël heelwat stadiger. Nog ’n groep sal ná ’n lang gewik en geweeg besluit of hulle wel hulp moet kry, uiteindelik die afspraak maak, maar die inligting met baie moeite en uitvoerig deurgee.