Borrel En Bars (Sagteband)

    Borrel En Bars (Sagteband)

    Hanna Holwerda
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R180.00

    Gaan op ’n avontuur met die skuimende, borrelende eksperimente in hierdie boek wat die wetenskap van die Bybel vir jong lesers verduidelik.

    Pas die Bybel en die wetenskap bymekaar? Ja! Hierdie boek wys kinders hoe wonderlik God en sy skepping is aan die hand van oulike ouderdomsgepaste wetenskapeksperimente wat by die huis, skool of by kerkkampe gedoen kan word. Elke eksperiment bevat stapsgewyse aanwysings, verduidelikings, Bybelverse, asook volkeurfoto’s en illustrasies wat die kleingoed se nuuskierigheid sal prikkel.

    Oor die Skrywer

    Hanna Holwerda is ’n kenner op die gebied van kinders, geloof en wetenskap. Sy is die eienaar van Educatief Bureau Sterrenschip en redakteur van die webwerf Kind op Maandag . Sy is ook die skrywer van verskeie Christen-kinderboeke oor wetenskap. Sy wil hê kinders en hul ouers of versorgers moet saam die lyne tussen antieke Bybelverhale en ons moderne wêreld ontdek. Hanna woon in Amersfoort, Nederland.