Avonture Van Prof Ontplof (Volume 2)(CD)

    Avonture Van Prof Ontplof (Volume 2)(CD)

    Riaan Cruywagen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    “Sonskyndal is ‘n vriendelike dorpie waar blomme blom, die kraaie gaap en muskiete werklik mis-skiet! Dis hier waar Prof Ernst Ontplof in ‘n ou, rooidak, skoenfabriek sy nuwe kontrepsies en uitvindings bou en toets. Dis in hierdie gebou wat Ham Burger, die ystervark woon. Hy staan Prof Ontplof deur dik en dun of eerder ... deur plof en stil by. Dis hier in die Eikeboom op die hoek, langs die goud geel pophuis, waar Kiekie Magrietjie le Roux sit en droom. Dis hier waar die avonture begin... Ons wag nog net vir jou!” So word kinders gegroet, kompleet met oulike byklanke aan die begin van elke storie op die tweede volume van die opwindende kinderstorie CD, Die Avonture van Prof Ontplof. Wat dit nog meer opwindend en uniek maak, is dat die Afrikaanse legends, Riaan Cruywagen (Prof Ontplof) en Verna Vels (Ham Burger), talente saamgesnoer het op hierdie produk! Inè Reynierse, die skrywer van hierdie oulike stories, is ook die stem van Kiekie Magrietjie le Roux – die 8-jarige dogtertjie wat hou van avonture waar sy mense kan help. Die Avonture van Prof Ontplof is spesiaal geskryf om ons jongspan mee te voer op wonderlike avonture. Om hulle te laat lag, hulle verbeelding te gebruik en hulle bloot te stel aan lewenslesse en Christelike waardes wat deur die stories uitgebeeld word. Hierdie stories is spesiaal geskryf vir kinders van 4 - 9 jaar oud, maar dit luister so lekker, ons is seker kinders van alle ouderdomme gaan dit net so baie geniet!