Asemrowend (Cd)

    Asemrowend (Cd)

    Leon Ferreira
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95

    As Gospel sanger het Leon Ferreira reeds die afgelope 22 jaar diep spore in die Afrikaanse Gospel mark getrap. Na 'n tydperk van vyf jaar sedert Leon se vorige album, sou mens verwag dat hy met iets besonders te voorskyn sou kom. Hierdie CD bied splinternuwe skeppinge uit sy eie pen asook nuwe weergawes van sy eerste groot treffer "My Pa is die Koning" en sy meer onlangse "Die wenner in jou" en "Môre sal die son weer skyn" wat steeds hope radio speeltyd geniet?
    Die titelsnit "Asemrowend" beloof om een van Leon Ferreira se grootste treffers ooit te wees. Hy het 3 jaar lank aan "Asemrowend" gewerk en die CD sluit ook ander snitte met groot treffer potensiaal in soos "Radikaal" en "Ongetwyfeld". Leon is terug met 'n "Asemrowende" boodskap van hoop!