As dood lewe word (Sagteband)

    As dood lewe word (Sagteband)

    Helene de Kock
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R119.95

    Die reis na aanvaarding.

    Soms tref die dood van ’n geliefde ons heeltemal on­verwags.

         As dood lewe word is die ware verhaal van ’n gesin se pyn, hartseer en vrede ná die afsterwe van hulle geliefde Ouboet, soos geskryf vanuit die oog­punt van die ma, bekende skrywer Helene de Kock. Dit is die verhaal wat die ongenaakbare waarheid vertel van die finale afskeid, die harde werklikheid en die aanvaarding wanneer ’n geliefde sterf.

         Stap die pad saam met Helene in die tydperk net voor en ná haar seun se dood, en hoe die gesin mekaar ondersteun het en deur ander ondersteun is. En dan bo alles: hoe hulle aanvaar het dat ’n al­magtige God dit so beskik het en dat hulle sy belof­tes kan vertrou.

        As dood lewe word bied bemoediging vir elkeen wat ’n geliefde aan die dood moes afstaan.

    Oor die outeur

    Dr. Helene de Kock is getroud met dr. Jos de Kock. Hulle het drie kinders, Jaco, Herman en Sylvia. Jaco is in 2004 oorlede, maar hulle het die troos om te weet dat hy by God woon. Helene is ’n bekende skrywer en haar skryfwerk dek ’n wye spektrum genres. Sy skryf al langer as 40 jaar en 49 van haar boeke is gepubliseer. Sy het ’n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands en ’n PhD in Skryfkuns. Besoek www.helenedekock.com.