Antwoorde Op Moeilike Lewensvrae (Sagteband)

    Antwoorde Op Moeilike Lewensvrae (Sagteband)

    Rick Warren
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R89.95

    R39.95

    Reguit antwoorde om struikelblokke te oorkom en ‘n doelgerigte en betekenisvolle lewe te lei.

    Antwoorde op moeilike lewensvrae neem lesers na die Skrif om te kyk wat daarin geopenbaar word oor twaalf van die dringendste vrae wat mense vra. Dit is vrae wat ons almal of reeds gevra het óf reeds gevra het óf heel moontlik nog sal vra. Onderwerpe sluit in:

    ·         Hoe kan ek spanning bestuur?

    ·         Hoe kan ek gemoedsrus hê?

    ·         Hoe kan ek ooit verander?

    ·         Hoe kan ek eensaamheid oorkom?

    ·         Hoekom gebeur dit met my?

    Die Bybel bied antwoorde op moeilike vrae en gee praktiese wysheid wat ‘n verskil in ons lewe sal maak. Antwoorde op moeilike lewensvrae is geskryf om jou daarmee te help met eenvoudige, reguit antwoorde wat jy dadelik kan begin toepas om jou persoonlike struikelblokke te oorkom en ‘n doelgerigte en betekenisvolle lewe te lei.

    Oor die Outeur

    Dr. Rick Warren is ʼn pastor, skrywer, teoloog en filantroop. Sy boek The Purpose Driven Life word deur Publishers Weekly as die suksesvolste verkoper van nie-fiksie in die geskiedenis van die uitgewersbedryf beskyf, en meer as 32 miljoen eksemplare is verkoop. In 1980 het Warren saam met sy vrou, Kay, die Saddleback Church gestig. Die kerk het ʼn kampus van 48 hektaar in Lake Forest, Kalifornië, tien satellietkampusse in Suid-Kalifornië en ook drie internasionale kampusse.