Amper 'n Tiener (Vir Seuns)(Sagteband)

    Amper 'n Tiener (Vir Seuns)(Sagteband)

    Peter Larson & Ander
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release December 2017

    R179.95

    R143.96

    ’n Praktiese gids vir ouer-seun-gesprekke oor moet-gesels onderwerpe.

     

    Jou seun is amper ’n tiener. Wat dink hy regtig van meisies, skool en God, of sy toekoms? Omdat seuns, en veral tienerseuns, nie die beste kommunikeerders is nie, is dit nie so maklik om te weet nie, of hoe? Hoe moet ouers met hulle seuns praat oor die dinge wat werklik belangrik is vir die seun?

    Amper ’n tiener (vir seuns) is die ideale hulpmiddel propvol wyse raad vir ouers. Dit gee prettige, goed deurdagte vrae en gesprekspunte wat tot natuurlike, betekenisvolle gesprekke tussen ouers en seuns sal lei.  Dit sluit onderwerpe in soos:

    • Fisieke en emosionele veranderinge waardeur hy gaan
    • Hoe om rein te bly in ’n samelewing wat so seksbehep voorkom
    • Hoe om sosiale media verantwoordelik te gebruik

    Amper ’n tiener (vir seuns) is ’n praktiese gids tot ouer-seun-gesprekke om hulle voor te berei vir die onstuimige tienerjare. Dit sal ouers help om hulle seuns te bemoedig in hulle geloof, te gesels oor uitdagings by die skool en met vriende, en vir hom te wys hoe geliefd hy is in sy onstuimige tienerjare.

     

    Oor die outeurs

    Peter en Heather Larson gee voorhuwelikse berading en werk gereeld met getroude pare. Peter is ’n kliniese sielkundige wat betrokke was by die ontwikkeling van Prepare/Enrich, ’n gewilde evalueringsisteem wat deur paartjies gebruik word. Heather is direkteur van Marriage Alive. Die Larsons is al byna 20 jaar getroud en het drie kinders. Hulle woon in Boulder, Colorado.

     

    David en Claudia Arp is die stigters van Marriage Alive. Hulle het al meer as 30 boeke gepu­bliseer en bied die seminaar 10 Great Dates aan wat interna­sionaal baie gewild is. Die egpaar ver­skyn gereeld in internasionale media en woon in Great Falls, Virginia. Besoek www.10greatdates.org.