Amen Bybelstudie (Sagteband)

    Amen Bybelstudie (Sagteband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Ontsluit in 6 studies die krag van jou geloof en leef dit vreesloos uit.

    Geloof is meer as om net te glo. Dit is ʼn doen-woord wat in elke aspek van ons lewens ingeweef moet wees. Maar hoe kry ons so ʼn geloof wat straal uit alles wat ons doen en nuwe lewe blaas in ander?

    Amen – ʼn Bybelstudie sal binne ses studies die krag van geloof in Bybelstudielesers se lewe ontsluit. Elke afdeling bied ʼn kort inleiding, lewensles, bespre­kings- en toepassingsvrae, ʼn daaglikse teksvers om oor na te dink, en ’n vers om elke week te memoriseer. Die “Delf dieper”-afdeling sal jou help om die teksgedeeltes agter die lering in meer detail te bestudeer en om in jou geloof te groei soos jy God se Woord oordink.

    Hierdie Bybelstudie is ideaal vir individue en groepe. Wanneer jy jou aan God oorgee, groei in sy Bybelse leringe en dit ’n integrale deel van jou persoonlike God-storie maak, sal dit die krag van geloof in jou lewe ontsluit.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Amen Bible Study

    Oor die outeur

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.