Altyd Jesus (Sagteband)

    Altyd Jesus (Sagteband)

    Sarah Young
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R149.96

    R119.97

    Altyd Jesus is Sarah Young se eerste 365-dagstukkieboek sedert haar topverkoper, Jesus Calling® (in Afrikaans uitgegee as Jesus roep jou) die lig gesien het.Sarah Young bring in Altyd Jesus, wat propvol Bybelaanhalings en nuwe persoonlike oordenkings is, Jesus se boodskap van vreugde na haar lesers. Ervaar ware vreugde vandag en elke dag daarna.

         Die lewe is vol probleme en swaarkry – verlies, hartseer, vrees. Te midde van hierdie uitdagings voel vreugde onmoontlik en buite ons bereik. Maar Jesus het egter iets anders in gedagte vir sy volgelinge – iets wat baie meer is as ’n lewe van stryd, pyn, wedywer en misnoegdheid. Hy bied ’n lewe van oorvloed, volheid en vreugde.

         Altyd Jesus is die pennevrug van Young se ontdekkingsreis om die beloftes van vreugde in die Woord te ontgin. Sy het dit geskryf asof Jesus self met die leser praat en jou nooi om ’n nuwe lewenstyl aan te neem – ’n lewe van ware vreugde.

         Deur te delf in die vreugdegevulde beloftes in die Woord, help Altyd Jesus jou om Jesus op ’n dieper vlak te leer ken en ’n intieme verhouding met Hom te bou. Hy is die een wat jou altyd sal ontmoet net daar waar jy is.

    Oor die Outeur

    Sarah Young se eerste 365-dagstukkieboek, Jesus Calling®, was n reusesukses en daar is meer as 17 miljoen eksemplare van die boek verkoop. Ander boeke uit haar pen wat mense gehelp het op hul reis na n dieper verhouding met Jesus, sluit in Jesus roep jou, Dag vir dag met Jesus, Jesus Leef!, Briewe aan Jesus en Jesus roep jou dagstukkies vir kinders. Sarah en haar man het vir jare sendingwerk in Japan en Australië gedoen. Hulle woon tans in Amerika.