Alles (CD)

    Alles (CD)

    Retief Burger
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Vir hom gaan dit oor meer as net liedjies. Sy musiek vind aanklank by ’n wye spek­trum mense omdat dit opreg en modern is. Hy is egter nie net ’n aanbiddingsleier nie, maar glo dat God hom geroep het om mense te lei na die hart van die Vader. Hy het ook ‘n passie om nuwe leiers op te rig wat oor alle kerk- en generasie grense saamwerk vir een doel: om God bekend te maak en vir sy eer te leef!

    Toe Luidkeels in 2005 vrygestel is, kon niemand wat dit gehoor het daaroor stilbly nie en so is die Luidkeels fenomeen gebore. Die eerste album het intussen goue en daarna platinum status verwerf.

    Retief se opvolg album, Luidkeels Hersien, het in 2008 die SAMA toekenning vir Beste Afrikaanse Gospel CD gewen en is goud gesertifiseer. Luidkidz, ’n lof album vir ouer laerskool kinders het gevolg in 2008 en in 2011 wen Luidkidz 2 ‘n GHOE­MA toekenning vir die beste Kinder album van die jaar. Nog twee Luidkeels albums het gevolg voordat Retief se eerse solo album vrygestel met die naam Nou en Vir Altyd in 2015.

    Sy nuwe solo album “Alles” is in Augustus voor ‘n lewendige gehoor opgeneem en sal Oktober landswyd beskikbaar wees.

    Retief is deesdae voltyds betrokke by Every Nation, sy plaaslike gemeente in Pretoria, waar hy as senior leraar dien. Sy passie vir die kerk, prediking en sy land bly die hartklop van sy bediening. Retief: “Ek dink my grootste uitdaging is om na alles nogsteeds daagliks in alle afhanklikheid voor God te leef. Dis so maklik om net uit ervaring te bedien en voor jy jouself kan kry, staan jy leeg voor mense en sing. Dit is hier waar dit so belangrik vir my is om in ‘n plaaslike gemeente net te kan ‘wees’, gesonde lering te ontvang en ‘n gewone dissipelmaker te wees”

    Luister na snippets beskikbaar op die TRACKLIST tab.