Al Sou Die Vyeboom Nie Bot Nie (Sagteband)

    Al Sou Die Vyeboom Nie Bot Nie (Sagteband)

    Riekert Botha
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R89.94

    Jy kan jou in God verbly al stort jou wêreld om jou in duie.

    Baie gelowiges vra vandag: Hoe lank gaan God nog toelaat dat onskuldige mense swaarkry? Hoe lank nog voor God ons gebede beantwoord? Dit is wat Habakuk in 647 v.C. ook vir God gevra het.

         In die 8 studies vir individuele of groepstudie in Al sou die vyeboom nie bot nie lei Riekert Botha gelowi­ges om die regte vrae te vra en versterk te word deur die kragtige antwoorde wat Habakuk destyds in verwon­dering oor God gelaat het.

         Al sou die vyeboom nie bot nie bied die hele Habakuk uit die Nuwe Lewende Vertaling. Die on­der­afdelings word sinvol verdeel en be­spreek. Daar is ook ruimte vir lesers om hul eie weergawe van Habakuk 3:17-19 neer te skryf.

    Oor die outeur

    Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die North­western Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.