Afrikaanse Bybelkonkordansie (Hardeband)

    Afrikaanse Bybelkonkordansie (Hardeband)

    Felix A Mijnhardt
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R475.00
    Ds. C.F. Mijnhardt se Afrikaanse Bybelkonkordansie wat byna 70 jaar gelede vir die eerste keer verskyn het, beleef nou sy tiende uitgawe! Van sy beskeie begin in 1934 het die gewilde konkordansie (vir sowel die Ou Vertaling en Hersiening van 1957 as vir die Nuwe Vertaling van 1983) gegroei tot 'n standaard-naslaanwerk vir Bybellesers, predikante en elkeen wat 'n studie van die Bybel maak. Hierdie tiende uitgawe bevat ongeveer 200 000 teksverwysings wat elkeen voorsien is van 'n kernagtige maar sinvolle aanhalinggreep waaruit die teksverband afgelei kan word. Afgesien van die konkordansiegedeelte is daar ook waardevolle registers van die plante, diere, edelgesteentes, mate, gewigte en munte, tye en maande wat in die Bybel genoem word. Die boek word afgesluit met tekstuele groeperings van 'n aantal leerstukke van die Bybel.