My Prinses Leer Om Te Deel (Hardeband)

    My Prinses Leer Om Te Deel (Hardeband)

    Stephanie Rische
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95

    ’n Prentjie-storieboek wat klein dogtertjies ’n Bybelse leer oor hoe om te deel.

    Klein dogtertjies hou van prinsesse met hulle tiaras, aandrokke en alles wat blink is. Hierdie pragtige prentjie-storieboek leer dogtertjies hoe om soos ’n ware prinses en dogter van die Koning op te tree.

    In My prinses leer om te deel hou Grace en Hope daarvan om mooi klere aan te trek en te speel, maar wat gebeur wanneer al twee die pragtige pienk rok wil aantrek? Hulle leer ’n kosbare les – by die Bybelse storie van ’n klein seuntjie.

    Die storie begin met ’n rympie oor prinses-wees en sal ure se leesgenot vir klein prinsessies wees.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel My Princesses Learn to Share.

    Oor die outeur en illustreerder

    Amie Carlson is ’n vryskutskrywer wat bydraes gelewer het vir 365 Pocket Prayers for Mothers en die tydskrif Relevant. Sy het ook vir Willow Creek Community Church en die Willow Creek Association geskryf. Amie het met die idee vir hierdie storie vorendag gekom toe sy en haar dogter, Molly, eendag buite ’n koffiewinkel op ’n sonnige middag gesit het en ure se pret onthou het van kleinwees en speeltye saam met maats in gunsteling speelklere.

    Heather Heyworth bly en werk in ’n stil dorpie in Suffolk in die Verenigde Koninkryk. Nadat sy aan Goldsmiths, University of London gegradueer het met ’n diploma in kuns en ontwerp, was sy kreatiewe bestuurder by ’n ontwerpersfirma en toe kunsredakteur by ’n uitgewer van groetekaartjies. Haar bekendstelling aan die wêreld van kinderboeke was toe sy haar eie aktiwiteitsboeke geïllustreer, ontwerp en uitgegee het. Sedertdien het sy al illustrasies gedoen vir onder andere prentjie-, karton- en opvoedkundige boeke.