My Prinses Leer Om Dapper Te Wees (Hardeband)

    My Prinses Leer Om Dapper Te Wees (Hardeband)

    Amie Carlson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R69.95

    ’n Prentjie-storieboek wat klein dogtertjies ’n Bybelse leer oor hoe om dapper te wees.

    Klein dogtertjies hou van prinsesse met hulle tiaras, balrokke en alles wat blink is. Hierdie pragtige prentjie-storieboek leer dogtertjies hoe om soos ’n ware prinses en dogter van die Koning op te tree.

    In My prinses leer om dapper te wees word Grace en Hope geboelie deur ’n seun op hulle gunsteling glyplank by die parkie. Gaan hy hulle keer om pret te hê? Die meisies leer ’n kosbare les oor dapperheid – by koningin Ester uit die Bybel.

    Die storie begin met ’n rympie oor prinses-wees en sal ure se leesgenot vir klein prinsessies wees.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel My Princesses Learn to be Brave.

    Oor die outeur en illustreerder

    Stephanie Rische is ’n senior redakteur van nie-fiksieboeke by Tyndale House Publishers, asook ’n vryskutskrywer vir verskeie uitgewers, waaronder Today’s Christian Woman, Significant Living-tydskrif, Marriage Partnership en her.meneutics. Sy en haar man, Daniel, woon in die Chicago-area, waar hulle dit geniet om fiets te ry en tuisgemaakte roomys te maak. Sy het baie klein prinsessies in haar lewe, onder meer haar geliefde broers- en susterkinders.

    Heather Heyworth bly en werk in ’n stil dorpie in Suffolk in die Verenigde Koninkryk. Nadat sy aan Goldsmiths, University of London gegradueer het met ’n diploma in kuns en ontwerp, was sy kreatiewe bestuurder by ’n ontwerpersfirma en toe kunsredakteur by ’n uitgewer van groetekaartjies. Haar bekendstelling aan die wêreld van kinderboeke was toe sy haar eie aktiwiteitsboeke geïllustreer, ontwerp en uitgegee het. Sedertdien het sy al illustrasies gedoen vir onder andere prentjie-, karton- en opvoedkundige boeke.