n’ Reis na innerlike vrede en wysheid - Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van die Gebed om kalmte en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas.
Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede – goed en sleg – stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. Ons smag na vrede, na ’n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte:
God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.
Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind. Elke oordenking word afgesluit met ’n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Só sal jou lewe ál meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag.
Trevor Hudson is ’n Metodistepredikant, en tans ook betrokke by The Institute for Creative Conversations by die Northfield Metodistekerk in Suid-Afrika. Trevor se bediening behels onderrig, die aanbied van lesings en naweekseminare dwarsoor die land, sowel as internasionaal. Hy is die skrywer van verskeie boeke, waaronder ’n Dieper verhouding met God, Gebed om kalmte en Vrae wat God ons vra.
-
By
Trevor Hudson
-
Category
Dagstukke
-
SKU
9781415340752
-
Barcode
9781415340752
-
Size
140 x 190 mm
-
Department
Afrikaanse Boeke
-
Language
Afrikaans
-
Weight (kg)
0.0000
Inleiding
Hierdie boek het in ’n koffiewinkel begin. Ek en my uitgewer het planne vir my skryfwerk bespreek toe sy my uit die bloute vra of ek dit sal oorweeg om ’n dagboek gebaseer op die Gebed om kalmte te skryf. Hierdie beroemde gebed het twaalf reëls, wat beteken dat ek elke maand op ’n ander reël kon fokus. Was ek gewillig om so iets te doen?
Ek was aanvanklik onseker daaroor, om ’n hele paar redes. Eerstens het ek gewonder of ek genoeg vrede in my eie lewe beleef om betekenisvol daaroor te kan skryf. Ek het al verskeie kere rustelose, onvergenoegde en ongelukkige tye beleef. Toe het dit my getref dat as ek kan skryf hoe die Gebed om kalmte my persoonlik gehelp het, die dagstukkies dalk ook vir ander mense kan help. Die dagstukkies is daarom nie akademies van aard nie. Dit is geskryf vanuit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekkings. Ek hoop en bid dat jy ’n lewegewende verband tussen my woorde en jou eie reis sal vind.
Tweedens was ek ook nie seker of oordenkings oor vrede werklik vandag nodig is nie. Ons lewe teen die agtergrond van groot sosiale, ekonomiese en politieke uitdagings; daar is sekerlik temas wat meer relevant is. Maar toe het ek gedink aan die vreesaanjaende statistiek oor ons geestesgesondheid – die gevolg van ons lewe in ’n konflik- en onrusgeteisterde samelewing. Die onaanvaarbaar hoë voorkoms van verslawing, padwoede, huishoudelike geweld, gesinsverbrokkeling en siektes wat met stres, angs en depressie verband hou, het nog nie begin afplat nie. Inteendeel. As ons dan ’n bron van vrede kan vind, kan ons dalk bemagtig word om die lewe van ons gebroke samelewing op kreatiewe, doeltreffende maniere beter te maak.
Derdens was ek nie seker of ek 365 kreatiewe dagstukkies sou kon skryf nie! Dit is baie skryfwerk. Ek het myself egter oortuig dat ek nie heeltemal
User Reviews