99 Dinge Wat Ek Wil He My Kinders Moet Weet (Sagteband)

    99 Dinge Wat Ek Wil He My Kinders Moet Weet (Sagteband)

    Joost van der Westhuizen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R99.96
    Die meeste van ons lewe asof môre nog 'n dag is. Asof daar nog baie tyd is om die dinge te doen en te sê wat ons weet ons moet. Maar dan, skielik, word die fast forward-knoppie gedruk en jou lewensverwagting word drasties ingekort. Jy besef vandag kan my laaste wees. Môre kom dalk nooit. Skielik kyk jy met nuwe oë na die lewe. Jy sien die broosheid van jou bestaan raak. Jy tel jou seëninge en kyk met dieper insig na jou foute. Jy leer om te vergewe en om vrede te vind. Jy word die mens wat jy weet jy al lankal veronderstel was om te wees. In hierdie boek deel Joost van der Westhuizen - met die oog op 'n nalatenskap aan sy twee kinders, Kylie en Jordan - die 99 lewenswaarhede waarmee sy siekte hom gekonfronteer het. Hy gesels oor dinge soos : Hoe kosbaar jou gesondheid is. Hoe om die beste van elke dag te maak. Hoe belangrik dit is om vir jouself te lag. Watter groot rol die regte gesindheid speel. Hoe belangrik geloof is. Hoe om jouself te aanvaar. Stap les vir les saam met Joost deur sy lewe en leer hoe om ook joune met dieper insig en waardering te leef.